An Opportunity: Listing an AirBnB - My eerste 'listing'

 Om middagete op Sondag het ek met my familie gepraat oor iemand wat hul vakansiehuisie opgesit het om as 'n AirBnB herberg verhuur te word. 


Ek het al in 2016 'n profiel oopgemaak, maar nog nooit die geleentheid gebruik om 'n 'listing' klaar te maak nie. 


My broer het sy plekkie opgesit, begin ontruim (alle persoonlike goed), fotos begin neem en sowaar, die 'listing' is klaar:

http://airbnb.com/h/retreat-k-arendskraal

Die volgende dag is ek oorlaai met navrae, en twee mense het reeds geboek. In die daaropvolgende paar dae, het nog mense bespreek.

As ek my reputasie mooi kan hou en ek kan aan die behoeftes van my kliënte voldoen - nl. om 'n rustige blomme-uitstappie saam met ongekompliseerde verblyf te hê, is ek bly.


Op 'n skaal van 1 - 10 in moeilikheidsgraad kan ek dink dat dit nogals moeilik is om iemand te kry om toe te laat dat jy hul plekkie sal uitverhuur - teen kommissie natuurlik. Maar dit help as jy by 'n gastehuis werk en so te sẻ 'in die bedryf ingetrou' het. Ek gee dit 'n moeilikheidsgraad van: 9/10.


Om die AirBnB webtuiste te verstaan (veral die kostes daaraan verbonde) is nog iets. Ek gee dit 'n 7/10

Fotos neem is moeitevol, maar met 'n kunstige oog en nederigheid kan jy 'n paar mense, en jouself, selfs jou gaste, inspan om mooi fotos te neem vir die webwerf. Moeilikheidsgraad: 2/10

Dan die oplaai - dit neem nie te veel data nie, maar as alle navrae na jou toe kom, kan dit nogals tydrowend wees! Dis eintlik lekker, dus is die moeilikheidsgraad 3/10.

Nog Vrae: 

Het AirBnB 'n "Affiliate Marketing" (of Makkerbemarkings-) program? Dit lyk so!! 

https://hustlelife.net/does-airbnb-have-an-affiliate-program/


As ek aan nog 'n paar dinge dink, sal ek dit later byvoeg!





* Byvoegings: 

* Opmerking 1: Dit was blommetyd hier in die Namaqualand. As jy dit nog nie gesien het nie, volg die volgende skakels, en jy sal weet hoekom mense die tyd van die jaar na ons ou klein dorpie toe stroom: 

* http://www.nieuwoudtville.com/

* https://rb.gy/dz07j6

* My broer het my 'n deel van die opbrengs gegee, en ons het sowat 5 besprekings in September gehad. Dit was toe suksesvol as 'n tydelike besigheidsplan, en glo my, dit het gaatjies toegestop!


Tot volgende keer!


M

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

3 lessons learnt from TryMyUL

Evaluating Responses to Quora: Making Money Online Without Investment

Making money playing computer games