4 Initial Lessons in Testing Websites 4 Webblad-Toets Lesse
Ek Toets die Toets
Hier kon ek sien dat ek dieper moet grawe
Een van die antwoorde op my Vraag op Quora,
"How do I make money online without spending money?"
het verwys na die toets van webblaaie. Reg, dink ek. Ek gaan nou die skakel volg en kyk wat ek kan doen om hierdie werk in my skedule te sit en onmiddellik iets te begin doen aan my finansiële verknorsing.
Ek volg https://www.trymyui.com/ en ek soek die skakel: GET PAID TO TEST
Uit eie ervaring het ek nie eers die kritiek gelees wat op die net hieroor beskikbaar is nie: ek is desperaat om 'iets' te probeer en 'n vaardigheid aan te leer.
Die webtuiste het wel kritiek wat maklik te vinde is. Vir my is $10/h nogals nie te sleg nie... dis baie minder moeite as om, byvoorbeeld, 'n lesplan en kurrikulum voor te berei vir kinders wat dan nog differensiasie nodig het vanweë hul lae sosioekonomiese omstandighede...wat maak dat hulle enigeen wat van hoër bevolkingspyl kom met kritiese oë bejeen... Dus druk ek deur.
- daar is 'n sagtewareleër en 'n toetsleër wat afgelaai moet word
-Toe ek besef my PAYG data op MTN raak min, moet ek vir my 1-dag se R50se 2GB aanskaf. (Met dit kon ek twee aanlynlesse binne 1 en 'n 1/2 uur gee en altesaam $29 verdien.) [$29=R481.10]
Maar terug na die Webblad-toetsidee:
- mens moet al die ander blaaie toemaak om die toets suksesvol deur te maak
- toe slaan Loadshedding toe
- my krag (om batterye te laai) en MTN verbinding was besig om uit te loop... uit ervaring sny MTN se torings ook na 'n halfuur of wat uit as my area 'n kragonderbreking ervaar.
- al kon ek die 20 min toets in korter tyd aflê, het my data en verbinding tot die internet nie lank genoeg gehou om, na die geskrewe toets, die oplaaiwerk te voltooi nie.
- in der waarheid was alle voltooide toetswerk na die 20 min plus nog 10 minute nog nie klaar gelaai nie, en een van my privaatstudente het opgedaag.
Lesse
- kyk na Loadsheddingskedule, https://loadshedding.eskom.co.za/ (ek weet, ons was al hier, maar hulle is baiemaal laat. Kry maar 'n motorbattery en 'n inverter, byvoorbaat)
- Internetverbinding van 10MBps is ononderhandelbaar vir suksesvolle aanlyn klasgee...minder word vir hierdie tipe aanlyn werk gebruik, maar blykbaar is daar baie maniere waarop ons steeds oorbetaal en minder MBps afgelewer word. Hou die ouens fyn dop en kry 'n ander verskaffer indien nodig. Nog beter, hou 'n paar gelaaide simkaarte aan van verskillende diensverskaffers.
- Ek gaan more kyk of die toets toe opgelaai het en watter repliek hulle vir my het.
- Ek gaan nog een webtuiste probeer in die lyn en my resultate neerskryf. Die keer gaan ek my aan die kritiek steur en aan my huidige lesse.
- Binne die volgende week kry ek uitnodigings om webtuistes vir hulle te toets - so 3 - maar ek viel nie ek kom uit die fokusgroep wat hulle probeer bereik nie.
Skakels:
https://www.quora.com/How-do-I-make-money-online-without-spending-money
https://www.trymyui.com/
https://loadshedding.eskom.co.za/
Opmerkings
Plaas 'n opmerking